Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Die fortuinsoekers

ebook
"Die mens is 'n verbasende wese, dink hy, om tegelykertyd soveel botsende emosies te kan ervaar en verwerk. Aan die een kant het hy nou met doelgerigtheid 'n man se dood beplan. Dit bevredig hom. Verraad vir verraad." Dis die goudstormloop van die 1880's in Johannesburg. Hebsug, verraad en passie is aan die orde van die dag. Die sewentienjarige Deborah von Albein word gedwing om hul familieplaas in die Karoo te verlaat en na die Goudstad te verhuis. Dis hiér, terwyl sy onverwags as hul gesin se broodwinner optree, waar sy boonop moet kies tussen Kit Malloy, 'n ambisieuse dobbelsaloneienaar, en Karl Mannheim, die eksentrieke erfgenaam van die Mannheim-fortuin. Malloy se ambisie kom hom egter duur te staan wanneer sy onderhandelinge met Paul Kruger bots met die ideale van Cecil John Rhodes. En Karl Mannheim se obsessies bereik 'n breekpunt wanneer die vooruitsig van 'n volmaakte toekoms een nag aan skerwe spat. Onvermydelike konfrontasies volg. En só begin die drieluik van Die Mannheim-sage . . . Gebaseer op die gewilde radio- en TV-reeks deur die bekende aktrise en skrywer Lerina Erasmus.

Expand title description text
Publisher: Human & Rousseau

OverDrive Read

  • ISBN: 9780798174558
  • File size: 904 KB
  • Release date: April 20, 2017

EPUB ebook

  • ISBN: 9780798174558
  • File size: 904 KB
  • Release date: April 20, 2017

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

Languages

Afrikaans